NORMA JEANE'S LAKEVIEW RESORT

BEKOSTIGBARE LODGE MET PRAGTIGE TUINE NABY GREAT ZIMBABWE

Norma Jeane’s Lakeview Resort kyk op die rustige Mutirikwi-meer uit en bied huislike en vriendelike verblyf wat aan die koloniale era herinner. Dit is naby die Great Zimbabwe Monument, een van Zimbabwe se besienswaardighede.

Norma Jeane’s Lakeview Resort het voorheen as die Inn on Great Zimbabwe bekend gestaan, en is bekend vir pragtige tuine, heerlike tuisgemaakte maaltye, gerieflike akkommodasie en vriendelike diens. Norma Jeane’s Lakeview Resort maak deel van die geskiedenis van hierdie gebied uit, omdat dit om die sinkdakhuis van Murray MacDougal gebou is. Hy is die man wat die Mutirikwi-meer (voorheen bekend as die Kyle Dam) gebou het. Hierdie dam, wat die derde grootste in Zimbabwe is, is gebou om broodnodige water vir die uitgebreide landboubesproeiingsprojekte om Masvingo in die suidoostelike dele van die land te voorsien. Die uitstekende ligging van Norma Jeane’s Lakeview Resort wys duidelik dat mnr. MacDougal nie net damme kon bou nie, maar ook ‘n mooi plek kon waardeer!

Norma Jeane’s Lakeview Resort voorsien ‘n keuse wat verblyf naby die Zimbabwe Ruïnes Wêrelderfenisterrein – ideaal as ‘n eerste of laaste oornagpunt in Zimbabwe, as jy na of van Suid-Afrika op reis is.

Daar is 8 hotelkamers (jy kan aansit vir etes en ook die sitkamer gebruik) en 4 ten volle toegeruste selfsorg gesinslodges. Die hotelkamers en selfsorg-chalets is en suite, en almal het privaat balkonne wat op die Mutirikwi-meer uitkyk. Die dekor van die hotelkamers en selfsorgverblyf by Norma Jeane’s Lakeview Resort is onopgesmuk, maar stylvol en die kamers is pynlik skoon en netjies. Daar is ook 9 sakpaskamers met gedeelde ablusiegeriewe, kombuis en braaigeriewe. Volledige kampgeriewe sluit ‘n boma (vir alle weerstoestande) in.

Die restaurant bedien heerlike, tuisgemaakte volledige ontbyte en a la carte middagetes. Aandetes sal jou laat terugdink aan Sondagmiddae om die tafel by ouma en is ‘n vasgestelde spyskaart. Klets met ander gaste in die sitkamer by Norma Jeane’s Lakeview Resort en vind uit wat hulle dink van die nabygeleë Great Zimbabwe Monument en ander besienswaardighede in die Masvingo-gebied in Zimbabwe. Draadlose internetverbinding word ook aangebied.

Vra een van die toergidse by die Zimbabwe Ruïnes om die oorsprong, geskiedenis en uiteindelike verval van die stad aan jou te verduidelik, en ook om meer te vertel oor die verskeie handelsroetes en geloofs- en sosiale praktyke van die gemeenskap wat lank gelede hier in Zimbabwe floreer het. Terwyl jy by Norma Jeane’s Lakeview Resort tuisgaan, moet jy beslis probeer hengel in die Mutirikwi-meer, en ook bootritte, seiltogte, en waterski op die derde grootste dam naby Masvingo in Zimbabwe op die proef stel. Norma Jeane’s Lakeview Resort is ‘n paradys vir ywerige voëlkykers, omdat daar pragtige tuine en msas- en mlombo-ruigtes is. Begeleide wildbesigtigingsritte, asook begeleide staptogte en voëlkykery in die Mutirikwi-meer Ontspanningspark is ook vir die gaste by Norma Jeane’s beskikbaar.

GPS. 20 14 94.00S, 31 00 7.09E
Temba booking office 
Tel: +27 21 855 0395


Norma Jean's Lakeview Resort self-catering ( self contained ) accommodation below. It is on the same premises as the hotel.





Jy sal Zimbabwe waarskynlik deur die Harare lughawe binnekom. Vandaar kan jy 'n taxi na Harare Cresta Lodge vyf km van die sakekern neem. Van harae kan jy buide Norma Jeans en Victoria Falls Ruskamp by Victoria Waterval. Hulle bied ook selfsorg akkommodasie aan.

BOTSWANA

jy sal waarskynlik Francistown besoek nadat jy Norma Jeans besoek het. In Francistown kan jy kies tussen akkommodasie soos Thapama Hotel, Marang Gardens enand Woodlands Selfsorg en kampering. Van hier kan jy noord na die Chobe Nasionale Park ry en by Mowana Safari Lodge op die owers van die Chobe Rivier bly. Ias jy die Okavango delta wil besoek kan jy Island Safari Lodge as jou baasis gebruik en vandaar die Okavango delta verken.

NAMIBIE

Namibie is een van Afrika se gewildste bestemming en Norma Jeans Lakeview Resort beveel akkommodasie aan wat ons glo ,van dieselfde hoë standaard as onself is. In Swakopmund kan jy selfsorg akkommodasie by Alte Brucke die Swakopmund Munisipale ruskamp kry. Sossusvlei Desert Camp is slegs 4 km van Sessriem en hul bied soos Norma jeans, selfsorg akkommodasie. Langs die skedelkus beveel ons Cape Cross Lodge noord van Hentiesbaai aan en In Noordoewer die Oranjerivier Lodge. Hulle bied selfsorg akkommodasie op noordoewer in namibië.